Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Nature

@ Sunday Times Books LIVE

Van Kamieskroon tot Soebatsfontein: Moenie die blommeseisoen in Namakwaland misloop nie!

 
Wild Flowers of NamaqualandDis heerlike lente, die winter is (amper) verby. Blommekykers kan solank aanstaltes maak Namakwaland toe, want vanjaar gaan die blomme nie op hulle laat wag nie.

Dit is ook nou die perfekte tyd om ‘n eksemplaar van Wild Flowers of Namaqualand deur Annelise le Roux aan te skaf. Hierdie gids het in Junie vanjaar by Struik Nature verskyn en bevat inligting oor 600 plantspesies wat in Namakwaland te vinde is.

Pak nou dadelik ‘n rugsak met water en ‘n kopie van Wild Flowers of Namaqualand en gaan kyk hoeveel van die 600 spesies jy kan opspoor.

Eben Human het al in die middel van die winter besoek afgelê aan Namakwaland in die Noord-Kaap en die Weskus, en skryf oor sy ervarings vir Netwerk24.

Lees die artikel:

Van die groot verskeidenheid vygies sal jy nou al heelwat aan die Weskus en in Namakwaland vind. Die reënblommetjies begin nou by Kamieskroon verskyn, en die afgelope naweek is mooi blomme gesien in die rigting van Soebatsfontein.

David Engelbrecht voorspel dat 2015 ‘n mooi blommeseisoen gaan oplewer. Hy stel voor dat reisigers by al die klein dorpies stop, en gee raad (en kontakbesonderhede) oor waar die mooiste blomme is en waar om te bly.

Lees die artikel:

’n Dorp soos Hopefield spog met pragtige fynbosspesies wat saam met die veldblomme hul komberse oopvou.

Die Weskus Nasionale Park is ’n gesig wat jy nie gou sal vergeet nie. Ook Nieuwoudtville is elke jaar vol blomme (en besoekers).Die meeste van die padwerke waaroor voorheen berig is, sal dalk voltooi wees teen die tyd dat jy jou reis begin.

Beplan jy ‘n besoek aan Namakwaland? Deel jou stories en foto’s met ons in die kommentaarspasie hier onder, of op Facebook en Twitter.

Boekbesonderhede

Foto met dank aan Wild Card

 

Please register or log in to comment